Musiek Bediening

Hier by Florida Park Familie Gemeente glo ons dat Worship/Aanbidding veel meer is as net musiek, maar eerder `n lewenstyl.Ons hartklop agter ons bediening is om mense te  help na die deur van ware aanbidding in Gees en Waarheid.

Ons glo dat musiek `n manier is om doelbewus mense te bedien. Te lank was daar net musiek gesing omdat dit `n “lekker liedjie is.” Ons wil graag hê dat die mense moet begin bewus raak van die “content”/die inhoud van die musiek. Dus werk ons doelbewus met die musiek om  mense te help om die boodskap van die dag te verstaan en te onthou.

As mense nie die diens onthou nie, wat het mens dan beryk?

Ons glo ook om mense te bemagtig om hul Godgegewe talent te ontwikkel en te versterk. Dis is almal welkom om deel te raak. Ons gaan jou deur `n oudisie sit en jou hart toets oor hoekom jy graag wil deel raak.

Jy sien, dit gaan nie oor jou nie,nog minder oor die aansien van ander , dit gaan oor Hom en om Sy Naam te prys.

 

Kontak gerus die kantoor (011) 672 8222